Naambandjies

Dit is baie belangrik dat alle diere in Orania wat ‘n eienaar het, ‘n naambandjie moet dra. Dit verseker dat OVD nie jou troeteldier in die straat optel en na die kampie toe vat nie. Dit verseker ook dat jou troeteldier maklik opgespoor kan word as hy wegraak. Ons moedig jou dus aan om vir jou kat en of hond ‘n bandjie te koop asook ‘n naambandjie met sy naam en jou selfoonnommer op.
 
Bandjies is te koop by Komloerie en die dierewinkel by Stokkiesdraai. Naamplaatjies is te koop by Roelien de Klerk by Stokkiesdraai vir R65. Jy moet wel vooraf OSK toe gaan en R10 in ons rekening inbetaal en die strokie vir Roelien ingee. Dan betaal jy die R65 direk aan haar. Dit is ‘n wonderlike inisiatief en nog ‘n manier om geld te skenk aan die Orania Dieresorgsentrum. Ondersteun asb. hierdie inisiatief!