Vrywiligers

Die Orania Dieresorgsentrum bestaan uit en word bedryf deur vrywilligers in die gemeenskap. Dit wil sê mense wat van 8 tot 5 moet werk. Dus is dit baie belangrik en noodsaaklik dat ons nog mense tot die inisiatief byvoeg om dit ‘n sukses te kan maak.

Kontak ons gerus indien jy bereid is om op enige manier moontlik te help, fisies deur te help met geldinsamelings of kontak met die diere in die kampie, of finansieel deur ‘n skenking te maak aan die inisiatief.